Die Hoër Meisieskool La Rochelle spog met nege atlete wat vir die nasionale atletiek-kampioenskap gekwalifiseer het. Die kampioenskap vind plaas van 7 tot 10 April te Dal Josafat-stadion. Vier oud-leerders (gr. 12-leerders van 2020), Elke van der Westhuizen, Tonet Tallie, Janke Oosthuizen en Nicki Schonken, het ook gekwalifiseer. Agter van links is Adrienne Gallop (verspring), Mia Wilson (400 m, 300 m hekkies), Marianna Schoeman (assistent bestuurder), Brenda du Toit (400 m, 400 m hekkies), Cara Wilson (400 m, 300 m hekkies) en Zenade October (4 x 400 m aflos). Voor staan Kiera-lee Abrahams (verspring, 90 m hekkies), Monique Engelbrecht (verspring), Ané Viljoen (paalspring) en Nelia Destroo (skyfwerp, gewigstoot).


Larries neem deel aan nasionale kampioenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article