Agt van die Hoër Meisieskool La Rochelle se atlete het op 19 April na Pennsylvania in die Verenigde State van Amerika vertrek om aan die jaarlikse Penn Relays-atletiekbyeenkoms te gaan deelneem. Kylie Basson, Cara Wilson, Mia Wilson en Cubin Marthinussen het eerste in die 4x100m-aflos (o.19) in hul uitdun in 50,45 sekondes geëindig en algeheel 101ste uit 550 spanne wat deelgeneem het. In die 4x400m-aflos (o.19) het Kylie Basson, Enya Binneman, Nina Scheepers en Mia Wilson algeheel 15de geëindig in 3:55:33 uit 301 spanne wat deelgeneem het. Kiera-lee Abrahams het ook aan verspring (o.19) deelgeneem en sewende algeheel geëindig. Van links is Cara Wilson, Kylie Basson, Kiera-lee Abrahams, Nina Scheepers, André van der Burgh (afrigter), Zenadé October, Mia Wilson, Cubin Marthinussen en Enya Binneman.


Larries-atlete maak indruk by VSA-byeenkoms

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article