Wellingtonners se reputasie van omgee vir hul medemens word weer eens oortref.

Die Valiant Swart-geldinsamelings­projek het sy doelwit bereik om sy vrou, Lanelle, wat aan kanker ly na Brittanje te stuur om dringende behandeling te ontvang.

In ’n ope brief het die Hugenote-ondersteunersbond (HOB) se voorsitter, Dico du Toit, die mylpaal op 9 Maart aangekondig. “Dit is met groot dank­baar­heid dat ek vanog­gend kan bevestig dat HOB ’n bedrag van R20 000 aan Valiant en sy gesin kon oorbetaal. Lanelle vlieg Londen toe vir haar behandeling en ons almal hou hulle in ons gedagtes in hierdie uitda­gende tyd.” Du Toit sê die geldinsame­lings­projek het spontane steun gekry, nie net in die groter Wellington-gemeen­skap nie, maar ook uit Engeland en Nieu-Seeland.

“Ek het gister met Valiant gekom­muni­keer en hy het sy en Lanelle se dankbaarheid en waardering ook aan almal betrokke oorgedra.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article