Die Laerskool Paulus Joubert het onlangs sy jaarlikse debutantebal asook sy gr. R-gradeplegtigheid in die skoolsaal gehou. Elke gr. R-leerder is tydens die spoggeleentheid vir sy/haar harde werk vereer. Drie leerders is ook as die wenners van die debutantebal se geldinsameling gekroon. By die leerders is die trotse opvoeders wat die geldinsameling en debutantebal gedryf het. Agter, van links, is Portia Adams, Monique Green, Petro Williams (skoolhoof), Kenneth Uren, Sylvia Matthee (adjunkhoof), Volenthia Barron en Jolene Levens. Voor, van links, is die leerders Leah-Jane Daniels (derde plek), Gianni Arendse (wenner) en Kyle Samuels (naaswenner).


Laerskool Paulus Joubert vereer gr. R-leerders vir harde werk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article