Die afgelope naweek het die Laerskool Paarlzicht se o.13-sewesrugbyspan aan die Klapmuts-sewestoernooi deelgeneem waar hulle ook die kompetisie gewen het. Paarlzicht het al sy wedstryde gewen en het ook afgereken met skole soos Magnolia Primêre Skool, St Albans Primêre Skool, die tuisspan Klapmuts Primêre Skool, asook Paulus Primêr in die eindronde. Byron Cecils van Paarlzicht is as speler van die toernooi aangewys, waar hy 12 keer agter die pale gaan kuier het met sy spoed.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.