Die Yutility Labori-o.19A-krieketspan het die afgelope naweek hul seisoen met ’n tuisoorwinning teen die Hoërskool Montana van Worcester begin. Montana het die loot gewen, eerste gaan kolf en 105 lopies aangeteken voordat almal in die 22ste beurt uitgehaal is. Jayden Pekeur en Christiaan Beukes het elk drie paaltjies geneem en Joshua Gempies en Matthys Nieuwoudt het elk twee laat kantel. Labori het nog twee paaltjies verloor voordat Xavier de Wee (46 n.u.n.) en Jayden Pekeur (34 n.u.n.) die wenlopies in die 14de beurt aangeteken het. Die Yutility Labori-o.19A-krieketspan het die wedstryd gemaklik met agt paaltjies gewen. Foto:
Labori begin goed
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.