Napoleon en Joséphine, twee opregte Bengaalse katte, het onlangs saam met hul mens-familie ’n bietjie gaan kamp op ’n plaas aan die voet van die Dutoitskloofberge. Die katte se eintlike tuiste is in Durbanville saam met hul eienaars, maar hulle reis en kamp van jongs af saam met hulle. Hul mens-pa, Isak Venter, het gesê hulle het die katte van kleintyd af gewoond gemaak om motor te ry, aan ’n halsband te stap en hulle is mal daaroor om te gaan kamp. Isak sê hy word oorval met navrae oor waarom die katte nie weghardloop nie, en sê hierdie soort katte hou daarvan om saam met mense te wees. Behalwe daarvoor is hul ook “clicker trained”. Hulle doen toertjies soos sit, vat vyf en reageer ook goed as hul geroep word. “Met ’n stukkie bederf as beloning natuurlik! Ons moet uiteraard kamp waar daar nie honde is nie, dus is private kampplekke uiters geskik. Hulle raak soms so meegevoer dat ons sukkel om hulle te kry, dus het ons nou maar halsbande gekry waarmee ons hulle kan opspoor. Gewoonlik is hulle net op jag en steur hulle hul aan niks en niemand nie, of dalk is hulle net nie lus om huis toe te gaan nie,” sê Isak .Foto: Isak Venter
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.