Het jy ’n talent wat jy graag wil ontwikkel om jou eie besigheid te begin? Dan moet jy inskryf vir een van die kursusse by die Breytenbach-sentrum in Wellington.
Die volgende kursusse word in 2018 aangebied:
. Dagsorgklasse (matrikulante en volwassenes); en
. Naaldwerkklasse (matrikulante en volwassenes).
Die kursusse is bekostigbaar en word aangebied omdat die Breytenbach-sentrum hom daartoe verbind het om die gemeenskap te dien asook om vir diegene wat ’n sukses van hul lewe wil maak, ’n uitdagende kans in die gemeenskap wil gee.
. Vir verdere navrae kontak gerus vir Jessica Ruiters by 021 873 2786 of by jessica@breytenbachsentrum.co.za



