Die Jack Meyer-kunssentrum nooi alle gr. 9-leerders wat dit oorweeg om dalk kuns of ontwerp as skoolvak te neem, om by die sentrum by Hospitaalstraat 6 in te loer.

Daar is tans klein uitstallings van vakleerders se werk wat die wye verskeidenheid tegnieke en materiale waarmee daar in hierdie vakke kennis gemaak word, ten toon stel.

Die kunssentrum bied op 10 September (14:30 tot 16:00) ’n ope dag waartydens gr. 9-leerders tot drie klein projekkies kan doen in die dissiplines waarin hulle belangstel, om nader kennis te maak met die vakgebied en te sien of hulle dit geniet.

Indien leerders wel kuns as vak kies, moet hulle ’n aanlegtoets aflê om te bepaal in watter van die vakke hulle die beste sal vaar. Die vakke (dissiplines) waaruit hulle kan kies, is juweliersontwerp, tekstielontwerp, skilderkuns, gemengdemediakuns en grafiese- en tekenkuns. . Belangstellendes kan Ronel Hendricks by 021 872 2095 bel om ’n afspraak vir enige van die bogenoemde te maak, of vir enige verdere inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article