Die Waterpoel-ateljee is langs die Laborie-wingerd geleë, by Bergheim Kelder en Trudy Oosthuizen Ceramics, met die ingang in Jan Phillipsbergpad.
Dié ateljee het in Maart vanjaar geleenthede met die tema fermentasie begin.
Hierdie Saterdag (4 Mei) maak hulle van 11:00 tot 16:00 weer so, met die jongste tema upcycling and repurposing, oftewel hertoepassing.
Kreatiewe aktiwiteite op dié dag sluit in:
. Om 12:00 doen Christelle Connor ’n demonstrasie oor wat jy met 60 Checkers-papiersakke kan vermag;
. Trudy Oosthuizen se keramiekborde en beelde sal uitgestal word;
. Sugar Fairy bedien Buddha-bakke en heuninghappies in papierverpakking;
. Edwin Jordaan trakteer met ’n gewaagde vertikale wynproe uit die Chenin-tenk;
. Mother’s Love demonstreer huishoudelike skoonmaakmiddels wat van natuurlike produkte gemaak is;
. Lello se byewasverpakkings en -bedekkings om produkte vars te hou, is verbasend prakties en mooi; en
. Este Ketelo sal jou op ’n geurige tuintoer neem en verfrissende suurlemoen-verbena bedien.

