Die Paarlse skrywer en oudjoernalis Emile Joubert se jongste bundel is suiwer hartskos, met nostalgiese herinneringe van sy jeug en wedervaringe as jongman op soek na sy volgende maaltyd.
Joubert maak met Krummels in my koffer sy hart oop vir lesers met herinneringe aan sy oupa en ouma se kombuis, sy jeugjare in Londen met sy verslawing aan “Heinz baked beans” en skoolmaaltye, en dan sy menswordjare waar hy die geheime van Europese geregte ontdek het, waaronder die lekkerte van vars oesters wat op straat in Parys voorgesit is.
Krummels sal as’t ware soete herinneringe oproep van ’n ma of pa, oupa of ouma of oom of tannie se kombuis en ’n mens laat verlang na die ware geregte en samesyn wat eintlik die hart van menswees is.
Krummels word uitgegee deur Protea-uitgewers en is beskikbaar aanlyn en by die meeste boekwinkels.
• Een Paarl Post-leser kan ’n eksemplaar van Krummels in my koffer wen deur die naam van die skrywer voor Dinsdag 7 Junie na 066 484 3728 te stuur.





