Foto ter illustrasie.Foto: Pexels


Inwoners van Mossiestraat in Amstelhof het vir ’n geruime tyd sonder krag gesit weens kabeldiefstal, en toe hul krag uiteindelik aangeskakel is, het hulle die nuus ontvang dat hulle self vir die herstelwerk moet betaal.

Volgens ’n bron moet die vier huisgesinne van die Paarl “glo ’n verminderde bedrag betaal en self ’n kontrakteur kry om ’n kragboks in te sit”.

Nietemin, volgens Louis Pienaar, uitvoerende direkteur van ingenieursdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, is dié wetgewing nie uniek aan Drakenstein-munisipaliteit nie.

“Die [elektriese] werk wat verrig moet word, vorm deel van die private elektriese installasie van die betrokke perseel en sal deur ’n private geregistreerde installasie-elektrisiën uitgevoer moet word. Die geregistreerde elektrisiën sal deur die eienaar aangestel en vergoed moet word vir die betrokke werk.

“So graag as wat Drakenstein-munisipaliteit wil help, is die wet en verordening baie duidelik met betrekking tot die verantwoordelikheid van elke party,” het Pienaar gesê.

  • Die volgende voorbeeld kan gebruik word om die bostaande te ondersteun: Munisipale hulpbronne word gebruik om ’n private woning te herstel.
  • Verbeterings word met ander woorde aan die woning aangebring met die belastingbetaler se geld.
  • Verder kan enige private geregistreerde installasie-elektrisiën redeneer dat hy ’n potensiële kliënt ontneem is en dat hy dan ’n inkomste sou verloor het.
  • Verder is daar ook wetgewing en ’n verordening in plek wat na die verantwoordelikheid van die eienaar of verbruiker verwys.
  • In dié geval hou twee partye ’n risiko in.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article