Sit jou kroon op en maak reg vir Queen of everything, die debuutproduksie van Crown Create Studio, wat op 11 Junie om 18:30 op die planke by die Bôrdienghuis-teater in Wellington is.

Hierdie kabaret-styl vertoning is ’n viering van vrouwees en het iets vir almal, of jy nou getroud of enkellopend is, ’n ma of ’n loopbaanvrou, ’n jongmens of ’n goue oue is – hierdie vertoning is vir jou.

Queen of everything sal jou die hele vertoning deur vermaak en inspireer.

So, gaan haal daai partytjienom­mer­tjie uit jou kas en moet tog nie jou wederhelf vergeet nie – julle albei verdien ’n aandjie uit.

Die deure open reeds om 17:00 sodat gaste solank pizza en wyn kan bestel.

Kaartjies kos R130 per persoon en kan bespreek word by Jeannine by 061 156 5386.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article