Die Paarl-tak van Compassionate Friends hou Sondag 13 November sy jaarlikse kersaansteek-seremonie om 14:00 in die kerksaal van die VGK Bergrivier in Wellington.

Compassionate Friends is ’n interkerklike steungroep vir ouers wat ’n kind aan die dood afgestaan het. Dié groep kom deur die jaar maandeliks bymekaar en lede ondersteun mekaar.

By vanjaar se kersaansteek-seremonie kry ouers nie net ’n geleentheid om ’n kers ter nagedagtenis aan hul ontslape kind aan te steek nie, maar hulle kan ook na die twee gassprekers, Jacqui Jacobs en Marlaine Pienaar, luister.

Toegang beloop R50 per persoon. Vir navrae, kontak Mauleen Steenkamp by 061 841 5020.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article