Emma Koch (gr. 11) is in die SA o.19-onderwaterhokkiespan opgeneem wat einde September in Gauteng aan die internasionale Beach and Bush-toernooi gaan deelneem. Haar jonger sussies, die tweeling Megan en Mia, het ook onlangs goeie sportprestasies behaal. Megan (gr.8) het die eerste plek verower in die Wynland-distrikkompetisie vir ritmiese gimnastiek. Mia het algeheel tweede in dieselfde afdeling geëindig. Hulle neem van 19 tot 21 Augustus deel aan die Wes-Kaap- kampioenskap. Al drie sussies is leerders aan die Hoër Meisieskool La Rochelle.
Koch-sussies presteer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.