………………………….. van Young Standards duik hier oor die doellyn om een van Standards se talle driee te druk tydens hul loesing van Violets Saterdag. Foto:

Credit: SYSTEM

Ná amper ’n maand van die nuwe rugbyseisoen is dit reeds duidelik dat dit vir sommige plaaslike spanne ’n moeilike 2022-rugbyseisoen gaan wees.

Vir die Paarl-rugbyklub is dit ’n opdraandepad nadat hy reeds sy derde agtereenvolgende nederlaag gely het. Bygesê, al drie hierdie wedstryde was teen topspanne soos Maties en Ikeys.

Die span toon wel potensiaal en die hoop is dat hy weer sal opstaan.

Die feit dat Paarl steeds met beligting sukkel en hy hieroor nog nie behoorlik vir die seisoen kan voorberei nie, help ook nie die span van ons dorp wat in die hoogste liga van WP deelneem nie.

Young Peoples het ná twee tuisoorwinnings goed gelyk, maar het Saterdag in sy eerste wegwedstryd vasgeval en moet nog bewys dat hy ook wegwedstryde kan wen.

Albions het twee van sy drie ligawedstryde gewen en sal voortbou op die oorwinning oor die sterk span van Elsiesrivier.

In die Paarl-streekkompetisie is Laer Paarl en Paarl Rangers die gunstelinge. ’n Interessante stryd word dus Saterdag verwag wanneer dié twee spanne teen mekaar te staan kom.

Young Standards sal op sy wegholoorwinning van 84-0 oor Violets wil voortbou wanneer hy die gedugte span van Young Gardens, wat Perel United 40-12 verslaan het, aandurf. Dié spanne pronk met twee oorwinnings tot nou en ’n interessante stryd word verwag met beide klubs wat Saterdag ’n derdespanwedstryd gaan aanbied.

Simondium, wat baie potensiaal toon, sal Saterdag weer kans kry om sy voete te vind wanneer hy die span van Violets pak.

Violets, wat tans ’n moeilike tyd ná die pandemie beleef, kan wel enige tyd weer opstaan en ander spanne moeilike tye gee.

Riverstones, wat reeds twee nederlae gely het, sal weer sy kans teen Perel United wil gebruik om sy liga-titelpoging terug op die spoor te kry.

Tans is beligting op die New Orleans-veld ook ’n reuseprobleem en die manne probeer vasbyt en oefen onder hul motors se ligte.

Die spanne word alles van die beste vir die 2022-seisoen toegewens.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article