Ocean United RVK van Paardeberg, wat sedert 2001 aan die gemeenskapskildreeks deelneem, het in 2024 nuwe hoogtes bereik. Ná jare van uitdagings, insluitend ’n tekort aan spelers, het die klub besluit om sy visie te verander en hoër mikpunte te stel. Die klub het sy seisoen afgesluit as kampioene van die Gemeenskapskild-sentraal en die Bennie van Rooi-kompetisie. Sy spelers het ook uitstekende individuele prestasies behaal. Ocean United se ledetal het van 95 tot meer as 150 gegroei, terwyl toeskouersyfers meer as verdubbel het. Die klub bedank sy borge en die gemeenskap vir hul waardevolle ondersteuning, wat hierdie prestasies moontlik gemaak het.Foto:
Klub se jaar opnuut ’n hoogtepunt
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.