Charleston Hill se rugby-eerstespan is vanjaar se derby-kampioene.Foto’s: Ernest Kilown


Dit was ’n klipharde derby tussen Charleston Hill en Wellington Sekondêr die afgelope naweek, met beide skole wat die kop omhoog kan hou vir uitstekende sportmanskap deurgaans.

Charleston Hill se o.19A-rugbyspan het die eerstespan-rugbystryd met 9-3 in ’n naelbytstryd gewen.

Die meisies-o.19A-rugbyspan van Charleston het goed met hul teenstanders klaargespeel en 20-0 gewen.


. Ander tellings:

o.19A-sokker: WS 1-0 CH; skaak: WH 2-0 CH; vlugbal-seuns: WS wen in drie stelle: 30-28, 22-25 en 25-19; WS wen ook vlugbal-meisies in twee stelle 25-27, 25-13. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article