Die tweejarige Jordan Galant van die Paarl het op 6 April aan sy wonde beswyk nadat hy deur ’n minibustaxi getref is.

Volgens ’n anonieme bron met wie Paarl Post gesels het, het die insident op 5 April tussen 10:00 en 11:00 in die Hillside/Greenfields omgewing in Paarl-Oos gebeur.

Besonderhede oor wat presies gebeur het is onduidelik, maar die seuntjie het ernstige beserings opgedoen.

Danielle Cargnelutti, woordvoerder van die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad, het bevestig dat Jordan dieselfde dag van die ongeluk in die hospitaal opgeneem is.

“Dit kan bevestig word dat ’n kind wat ooreenstem met die verskafte beskrywing op 5 April in die hospitaal opgeneem is en ongelukkig op 6 April aan sy beserings beswyk het.

“Ons meegevoel gaan uit aan die familie in hierdie moeilike tyd.”

Paarl Post het verskeie pogings aangewend om in kontak te kom met klein Jordan se familie, maar hulle kon ongelukkig nie bereik word nie.

Navrae is aan Paarl-Oos polisie gestuur om uit te vind of die taxibestuurder aangekla is van strafbare manslag, maar hulle het geen rekord van die insident nie.. The two-year-old Jordan Galant from Paarl succumbed to his injuries on 6 April after he was apparently hit by a minibus taxi. More details about the incident are not available yet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article