By die afgelope Boland-tweekamp se jaarvergadering en prysuitdeling het die leerders van die Laerskool Gimnasium Paarl verskeie toekennings ontvang. Die skoolspan is aangewys as beste laerskoolspan in die laerskole-kompetisie. Die skool het ook die trofee vir die beste tweekamp-skool ontvang. Jordaan Stemmet is ook aangewys as junior victor ludorum. Die Klein Gimmies wat Boland by die SA Tweekamp-kampioenskap verteenwoordig het, is agter van links, Jan-Dawid Kirsten (o.13), Tiaan Wagener (o.13), John-Henry Thiart (o.15), Ankia Human (o.13) en Georgia Sabbagha (o.13). In die middel, van links, is Luc Slabbert (o.9), Christiaan Pretorius (o.11), Jordaan Stemmet (o.9) en Matthys Potgieter (o.11). In die voorste ry is Lukah van Wyk (o.9), Milan Ferreira (o.9) en Mieke Burger (o.11).


‘Klein Gimmies’ skitter in tweekamp

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article