Die gemeenskap van Klapmuts sal binnekort deur hul eie gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vir die gebied bedien word.
Dié nuwe GPF vir Klapmuts sal volgende maand verkies word.
Volgens AO Bernadene Arendse, woordvoerder van die Klapmuts-polisie, is al die poste vakant, van voorsitter tot kassier, en moet dit gevul word.
Die gemeenskap word uitgenooi om die verkiesing by te woon wat op Donderdag 4 Mei om 18:30 in die veeldoelige saal in Klapmuts sal plaasvind.
Vir verdere navrae, kontak kapt. Jacobus Moos by 082 469 1815 of sers. Madilyn Dombas by 021 875 8020.
. A new Community Policing Forum (CPF) will be elected and established in Klapmuts next month.



