Feesgangers by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) kan uitsien na tonne vermaak, maar ook die dieper boodskappe wat deur die stories vertel word.

Die plaaslike akteurs Veronique Jepthas en Jeremeo le Cordeur, wat onderskeidelik van die Paarl en Wellington is, is onder diegene wat op die verhoog te sien is.

Jepthas maak haar verskyning in My kroon se krank wat raak aan die stereotiepes van hare en mense se ervaring wanneer dit by hare kom.

“Wat die teks geïnspireer het, is my eie hair journey en big chop (om jou hare baie kort te knip en natuurlik te laat uitgroei) en net die verhouding met hare en hoe persoonlik dit is, was en altyd sal wees. Dit gaan ook oor hoe hare, die mees natuurlike ding, so ’n political ding is. Die ervaring wat ek gehad het met my hare as ’n kind tussen familie. En toe die ervaring met my hare toe ek myself moes vind en ek my hare reguit maak. Toe ek besluit het om oor te begin en hoe mense my sien in die wêreld en hoe ek mense ervaar in die wêreld, was dit die inspirasie vir die produksie, en ook al die onnodige goed wat eintlik met ’n mens gebeur wanneer jy jou natuurlike hare baie trots dra.”

Verder sê Jephtas voel sy baie opgewonde oor die produksie en dat die teks waaraan sy en die skrywer Lynthia Julius saam gewerk het, baie spesiaal is.

“Ek is baie opgewonde om dit te deel met die mense net omdat die drie karakters in die produksie nogal swaar goed saam met hulle dra en dit sal baie nice wees om ’n bietjie te kan deel en nie die bagasie so heeltemal op myself te vat nie. Die boodskap wat ek wil oordra, is dat ons nie bang is om oor te begin nie, dat ons ontslae raak van dit wat ons terughou, dat ons eerlik sal praat en dat ons ’n bietjie meer gracious met onsself en die mense rondom ons sal wees.”

My kroon se krank was 2 tot 5 April op die planke by die KKNK en het tot dusver net goeie resensies ontvang. Jepthas voeg by dat die produksie ook by die Suidoosterfees sal verskyn op 27 April en 1 Mei by die Nati-arena.

Die eenmanvertoning van Le Cordeur in Dude! Wa’s my phone? sorg vir lekker lag, maar gee die gehoor ook ’n kykie na die negatiewe impak van ’n selfoon en om heeltyd daaraan vasgenael te wees.

“Hoewel dit ’n komedie-produksie is en ek seker is die gehore gaan lekker saam lag, is daar ook ’n paar belangrike lesse in die show self wat die gevare van ’n foon en sosiale media ook blootstel.

“Ek is seker jy het al gehoor dat sosiale media nie altyd ’n goeie impak het op jou geestesgesondheid nie en dit is ook temas waarmee ons explore in die produksie. So goed as wat ’n nuwe foon is vir die karakter en so opgewonde soos wat hy is, is daar ook ’n negatiewe kant van die foon wat in sy lewe kom en stadig, maar seker, sy lewe oorneem.”

Le Cordeur verwys na die selfoon in die produksie as ’n dwelm wat aan begin ’n baie lekker ervaring is vir die gebruiker.

“Dit is ’n nuwe ding en jy voel beter en powerful want jy het die nuwe ding in jou lewe, maar soos die produksie aangaan, wys ons geleidelik vir die gehore dat ’n foon ook nie altyd goed is nie.”

Dude! Wa’s my phone? vind plaas van 6 tot 9 April by die KKNK. Dit sal op 26 April en 1 Mei by die Suidoosterfees verskyn.. Festival-goers at this year’s Klein Karoo National Arts Festival (KKNK) can look forward to tons of entertainment. Local actors Veronique Jepthas and Jeremeo le Cordeur are among those who can be seen on stage.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article