Die onlangse aanstelling van twee deeltydse onderwysers wat kitaaronderrig aanbied, het dit moontlik gemaak dat kitaarlesse nou by die Frank Pietersen-musieksentrum aangebied word.
Dié twee kitaaronderwysers het albei hul diploma/graad aan die Universiteit Stellenbosch in klassieke kitaar behaal, maar het ook ondervinding van ander style. Daar is ook nog plek vir mense wat belangstel in dwarsfluit, klarinet, koperblaasinstrumente en viool.
Enige ouers wat graag hulle kind/ers wil inskryf, is welkom om die sentrum se kantoor by 021 872 2123/4 te skakel om ’n oudisietyd te reël.




