Kinderbeskermingsmaand word in Mei gevier.


Mei is kinderbeskermingsmaand in Suid-Afrika en die organisasie Khula Developement Group (KDG) is opgewonde om weer ’n kinderbeskermingsprojek van 8 tot 20 Mei saam met skole aan te bied.

KDG is ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag, wat se missie is om skoolbywoning te bevorder en te verhoed dat laerskoolleerders voortydig die skool verlaat.

Die doel van die organisasie se kinderbeskermingsprojek vir 2023 is om empatie in kinders te ontwikkel deur middel van dieresorg ten einde gemeenskappe wat omgee, te bevorder.

Hierdie projek is op navorsing deur worldanimal.net gebaseer, wat die volgende bewys het:1. Dat daar ’n verband tussen geweld en dieremishandeling is;2. As kinders dieremishandeling sien of self diere mishandel, raak hulle gewoond aan geweld, wat daartoe kan lei dat hulle min of geen empatie vir ander het nie;3. Kinders wat wreedheid teenoor diere toon, sal waarskynlik ook aggressiewe gedrag en geweld in die toekoms toon sonder om iets vir ander mense of diere te voel; 4. Dieremishandeling het ’n negatiewe invloed op kinders se emosionele ontwikkeling en word daarom as ’n vorm van kindermishandeling beskou; 5. Wanneer empatie in kinders ontwikkel word deur hulle bewus te maak van ander mense en diere se emosies, kan hierdie negatiewe patrone van geweld in gemeenskappe verminder word; 6. Een van die beste maniere om empatie in kinders te ontwikkel is om hulle sensitief vir diere se behoeftes en emosies te maak deur hulle te leer om diere te versorg en hulle nie seer te maak nie; en

7. As kinders hulle kan indink hoe diere voel, sal hulle ook empatie vir ander mense kan ontwikkel deur van ander se emosies bewus te raak.

Die organisasie beplan ’n verskeidenheid aktiwiteite wat kinders en ouers betrek. Vir die gr. R- tot gr. 3-leerders is daar ’n inkleurkompetisie; die gr. 4- en gr. 5-klasse sal aan ’n woordsoek-kompetisie deelneem en die gr. 6- en gr. 7-leerders het ’n plakkaatkompetisie.

Waar moontlik sal twee gelukbringers, GoGo en SoSo, opvoerings by skole doen. Die twee karakters help om kinders aan te moedig om skool by te woon. Spesiale aktiwiteite met Khula-leerders en hul ouers sal ook tydens die School2Home-sessies plaasvind.. The month of May is child protection month in South Africa and the organization Khula Development Group (KDG) is excited to once again offer a child protection project together with the schools from 8 to 20 May.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article