Keanan “Hulk” Jacobs (27) is 1,6 m lank en het ’n dreadlock-haarstyl. Hy word sedert 19 Februarie vermis.



Sers. Marize Mentoor, ’n woordvoerder van die Franschhoek-polisie, doen ’n beroep op die gemeenskap om op die uitkyk te wees nadat die 27-jarige Keanan Jacobs verdwyn het en nog weg is.

“Jacobs het sy ouerhuis by La Terra Luc-plaas in Franschhoek op 19 Februarie om 08:00 verlaat. Hy het gesê ’n oud-skoolvriend wou hom na ’n werkgewer by Jonkershoek in Stellenbosch neem.”

Mentoor sê ná talle oproepe na Jacobs se selfoon antwoord hy steeds nie en boodskappe word ook nie beantwoord nie. Hy was nog nie weer tuis sedert hy verdwyn het nie.

“Sy pa het na Jonkershoek-plaas gegaan en navraag oor sy seun gedoen, maar niemand daar ken hom of het hom daar gesien nie.”

Jacobs word ook geken aan die bynaam “Hulk”. Hy is 1,6 meter lank en dra sy hare in ’n dreadlock-styl.

Mense met enige leidrade of inligting word gevra om Mentoor by 082 443 9769 of speurder-AO Leon Boonzaaier by 082 469 6079 te bel.

  • 27-year-old Keanan “Hulk” Jacobs is still missing since 19 February after he went to Stellenbosch in search of employment with an old school friend. Police are asking anyone in the wider public with information regarding his whereabouts to contact the officials’ numbers provided.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article