Die Boland Kavaliers het Saterdag behoorlik amok gemaak toe hy die Border Bulldogs op die Boland-stadion in Wellington erg verneder het.
Boonop het Sanlam-Boland-Kavaliers se Taine-Randall Booysen (flank), Erik Lambrecht (senter) en Xavier Mitchell (senter) almal ’n driekuns drieë in ’n wegholsege teen Border Bulldogs behaal, wat die eindtelling van 106-7 eerder soos ’n kriekettelling laat lyk het.
Hawies Fourie, die nuwe hoofafrigter van die Kavaliers, se span het reeds met rustyd 50-0 voorgeloop.
Die Kava’s het alle fasette oorheers en ’n rekord van 16 drieë in die proses aangeteken.
Fourie het ’n paar van sy eerstekeusespelers laat rus, met die oog om nuwe kombinasies en die span se diepte te toets.
Die Sanlam-Boland-Kavaliers beleef ’n wisselvallige begin in die SA Beker-kompetisie, maar het Saterdag gewys hoekom hulledie 2023 Curriebeker se Eersteliga-kampioene is.
Die Border Bulldogs kon net nie ’n oplossing vind vir die span van Wellington, wat aanval op aanval van stapel gestuur het nie.
Die Boland-Kavaliers is tans vyfde op die 2024- SA Beker se punteleer. Die span het ses wedstryde gespeel – drie gewen en drie verloor.
Die Sanlam-Boland-Kavaliers speel Saterdag 4 Mei om 15:00 in ’n wegwedstryd in Potchefstroom teen die Leopards.
- . Puntemakers: Taine-Randall Booysen (3), Erik Lambrecht (3), Xavier Mitchell (3), Bentley Geldenhuys (2), Neil Rautenbach, Gift Dlamini, Andre Manuel, Jason Beukes, Durin Nasson. Doelskoppe: Darian Hock (7), Garth April (6). Border Bulldogs 7 (0) – Drieë: Lwandile Mapuko. Doelskop: Mapuko.





