Die Boland-rugbyunie se senior rugbyspan, die Kavaliers, staan op hul merke en gereed vir die afskop van hul eerste-afdeling-Curriebeker-veldtog, wat Saterdag (11 Februarie) op tuisbodem by die Boland-stadion teen die Valke begin.

Ná die unie se suksesvolle klubkampioenskap-kompetisie skuif die aandag nou na die span wat die hele streek verteenwoordig.

Die Kavaliers het ’n goeie voorseisoen agter die rug, waarin hy geslaag het om die WP se XV-tal twee keer te klop en ’n suksesvolle oefenkamp in Langebaan onder die waaksaamheid van die breier Franzel September afgelê.

Die eerste Curriebeker-wedstryd skop Saterdag om 15:00 af en toegang sal R30 vir volwassenes en R10 vir kinders beloop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article