St. Albans Primêr het sy jaarlikse karnaval die naweek (17 en 18 Maart) aangebied. Verskeie plaaslike kunstenaars het die publiek met hul sangtalent vermaak. Die groot trekpleister Vrydagaand was die TikTok-sensasie Temple Boys, met Early B as hoofkunstenaar Saterdagaand in Wellington. Dit is die eerste karnaval ná die pandemie en die 31ste algeheel, en die skool is baie, baie bly om die karnaval weer te kon aanbied. Bo links is Tamrique Fortuin en Lyric-Grace Williams, en regs is Benecia Williams en Early B. Foto’s: Charl Williams
Credit: SYSTEM
Karnaval-pret terug by St. Albans
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.