Geen reën of koue kon Saterdag (28 Mei) die geesdriftige karatekas van die Patrick Ross-karate-akademie keer om hul beste te lewer nie. Dit was hul eerste gradering sedert Junie 2019. Ouers en vriende was verras om te sien hoe hul kleintjies gevorder het – veral die vyfjariges. Shihan Patrick Ross het die naweek as ’n groot mylpaal beskou en die ouers geprys vir die geduld en opoffering in moeilike tye. Die gradering is deur sensei Marcello Ross en sempai Graham Scholtz by die Boland-krieketakademie gedoen. “Baie geluk! Harde werk word altyd beloon,” het Ross gesê.


Karatekas vaar puik by hul gradering

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article