Kara Coetzee, ’n gr. 2-leerder aan die Laer Meisieskool La Rochelle, het onlangs aan die Wynland-gimnastiekklub se klubkampioenskap deelgeneem en algeheel eerste geëindig. Vyf klubs met meer as 100 gimnaste het aan die kompetisie deelgeneem. Kara, wat in Vlak 1 deelneem, het met ’n gemiddelde punt van 92,225 eerste in haar groep geëindig. Met haar vloerroetine het sy ’n punt van 9,4 behaal, wat haar algeheel eerste uit al die deelnemende gimnaste tussen 6 en 17 jaar geplaas het. Die Laer Meisieskool La Rochelle is geweldig trots op haar.
Kara ’n kampioen-gimnas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.