Dit was lekker om weer vanjaar by die begin van die Bergrivier-kanomarathon te wees.

Dit is ’n jare lange tradisie vir ons gesin, wat kom uit die dae toe my oupa nog gelewe het, om na die wegspring van die marathon te gaan kyk. Ek is daarom baie bly om te sien dat die organiseerders vanjaar die kanomarathon se beginpunt terug gebring het na die gemeenskap.

Die afvuur van die kanon was ook lekker om te sien. Ek wil dan ook baie geluk sê aan die wenner, Hank McGregor, en elke deelnemer wat die marathon aangedurf het.


Gayle,

Paarl-oos

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article