Die voortslepende kabeldiefstal in die vallei belemmer nou ook noodsaaklike dienste erg.
Die jongste slagoffer hiervan is die Huis Macrone-kliniek in Wellington, wat sy telefoonkabels weens hierdie diefstal kwyt is.
Die kliniek se gewone nommers werk nie.
Mense wat die kliniek moet kontak, moet tot verdere kennisgewing die nommer 021 873 0980 op weeksdae tussen 07:30 en 16:00 skakel.




