Jessie October (8) en Tylor October (11) ken die kuns om duiwe mededingend te laat vlieg.Foto: Ernest Kilowan

Credit: SYSTEM

Tylor October (11) en Jessie October (8), beide laerskoolleerders, skitter as junior duiweboere.

Tylor en Jessie is lede van die Charleston Hill-wedvlugduiwe-klub wat geaffilieer is by die Paarl en distrikte- Homing Union (PDHU) onder die vaandel van die grootste duiwe-organisasie in die land, die Federated Board of Homing Unions (FBHU).

Tylor is aangewys as die beste junior wedvlug-duiweboer in Suid-Afrika terwyl Jessie die eerste plek in die algehele nasionale junior meriete-toekennings behaal het. Die toekennings sal op 5 Maart in Milnerton tydens die gala-aand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforganisasie (SANPO) oorhandig word.

Volgens Leaton Martin neem sowat 3 400 senior en 200 junior lede van oor die land elke jaar in die verskeie afdelings deel om as die wenners gekroon te word. Hy sê hierdie is ’n groot mylpaal vir dié niggie en neef.

Ná ’n mededingende 2022-seisoen het hulle verder as volg in die junior-afdeling uitgeblink:

. Jessie was eerste in die afdeling PDHU, derde in die afdeling FBHU, sy het een trok-wen (Wes-Kaap) ontvang en vyf eerste plekke in die federasie (Paarl) asook ’n eerste plek in die Sanpo-meriete-afdeling.

. Tylor was tweede in die afdeling PDHU, vyfde in die afdeling FBHU, het een trok-wen (Wes-Kaap) behaal, twee eerste plekke in die federasie (Paarl), die titel as Sanpo Junior van die Jaar en ook die Sanpo-merietewenner van die jaar.. Enigiemand wat by dié sport betrokke wil raak, kan Leaton Martin by 076 257 2433 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article