Die Visarende-jukskeiklub het Saterdag (27 Augustus) die koue saam met spelers van die Bolandse plase Tierstel, Lorraine, Lebanon en Vredenhoff getrotseer en met lekker warm harte saam by die De Poort-bane in Suider-Paarl jukskei gespeel.

Die dag is met skriflesing, lofprysing en gebed geopen. Ná ’n koppie koffie het almal litte losgemaak en daarna het die skeie behoorlik geklap. Oud en jonk het in die pret gedeel terwyl die positiewe atmosfeer en gesindheid van die spelers vir die koue weer vergoed het.

Die volgende jukskeidag op De Poort word Saterdag 10 September aangebied. Spelers wat in die pret en samesyn wil deel of meer van die Visarende-jukskeiklub te hore wil kom, kan Roan van Schalkwyk by 072 531 9188 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article