Die afgelope naweek is die eerste sarsie kiesersregistrasies landwyd afgehandel met talle mense, waaronder baie jong mense tussen die ouderdom van 16 tot 29, ook seker gemaak het hul stem word gehoor.

Jeugdiges vanaf 16-jarige ouderdom kan registreer, maar eers vanaf 18 hul kruisie trek.

Volgens die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) het die kieserslys van 26,3 tot 26,8 miljoen gestyg en is landwyd 586 273 nuwe registrasies tot die kieserslys gevoeg, met 76% van dié syfer wat jong mense in sluit.

Hoewel die registrasiesyfers gestyg het, kan dit nóg meer styg deur seker te maak dat almal wat kan stem, dit wel doen.

Daar is ’n bekende gesegde wat lees: “Do not complain about things you are not willing to change.”

Dus, eerder as om ontevrede te wees oor Suid-Afrika se huidige ekonomiese, sosiale en politieke klimaat, moet burgers, en veral Drakenstein-inwoners, aktief te werk gaan om dit te verbeter – en dit word gedoen deur te gaan stem.

Diegene wat nog nie geregistreer het om te kan stem nie, kan so doen in die volgende registrasienaweek in Februarie 2024 om sodoende hul kruisie later in 2024 te kan trek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article