Die Boland-o.13-aksiekrieketspan het van 30 Junie-4 Julie aan die Interprovinsiale toernooi by die Meyersdal Action-sportarena in Johannesburg deelgeneem. Die span het die vierde plek behaal. Ses van die 11 spelers was slegs 11 jaar oud, maar het steeds in die o.13-span meegeding. Ronaldo Daniels van Orleansvale Primêr is een van dié spelers, en is boonop beloon met die All Star-prys (een van top-10 in die o.13-afdeling). Die Boland-o.13-krieketspan se mees waardevolle speler was Zavier Swartz van William Lloyd Primêr. Swartz het ook die meeste lopies vir sy span aangetekenFoto: .


Jonges van Boland-krieketspan blink uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article