Die plaaslike jaarlikse interskole-redenaarskompetisie vir laerskole het onlangs plaasgevind.

Die kompetisie is deur Die Afrikaanse Taalmuseum en Laerskool Paarl Gimnasium aangebied, en die prysgeld is deur Die Afrikaanse Onderwys­netwerk geborg. Behalwe vir leerders van Klein Gim wat deelgeneem het, was leerders van Hoër Meisieskool Paarl en Primêre Seunskool Paarl ook deel van dié kompetisie.

Amelia Minnaar van Klein Gim het in die eerste plek geëindig, gevolg deur Heike Hoffeldt (Klein Gim) en Raynard de Beer (Primêre Seunskool Paarl) wat gesamentlik tweede plek beklee.

Eula Nel (Hoër Meisieskool Paarl) het derde plek behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article