Die leerders van die Laerskool Paulus Joubert wat vir die afgelope paar jaar by die naskoolse program van die Jack Meyer-kunssentrum kunsklasse ontvang, het onlangs die geleentheid gekry om hul kunswerke tydens die sentrum se 65ste bestaansjaar op ’n uitstalling by die sentrum ten toon te stel. Van links pronk Waydean van Niekerk, Enrique Coetzee, Taylique Solomons, Ely de Jager, Jody Comninos (kunsopvoeder van die Jack Meyer-sentrum), Cayden Simms, Marshalee Plaatjies, Filicia Abelse en Amier Julies voor hul werk. Die publiek kon leerders se kunswerke koop.


Jong kunstenaars van Paulus Joubert stal hul werk uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article