Altesaam 32 jong gimnaste van Wynland Gimnastiek gaan tydens die skoolvakansie later vandeesmaand aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap by die Wes-Kaapse Sportskool deelneem. Gimnaste van oor die land heen kom vanjaar in die Kaap bymekaar om in al die dissiplines van gimnastiek teen mekaar mee te ding. ’n Skouspel van gimnastiek sal van 22 tot 29 September gesien word. Daar word meegeding in verskeie dissiplines, waaronder artisties, ritmies, akrobaties, tuimel, trampolien, touspring en parkour (hindernis). Die Wynland-gimnaste het reeds hul Kaapse Wynland-distrikskleure verower en is daarna gekies vir die Wes-Kaapse span.Foto: Rasaad Adams
Jong gimnaste sien uit na SA’s
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.