Die kranige o.11 A- krieketspan van Hugo Rust het Maandag 19 Februarie teen die Laerskool Gericke op die Welbedacht-krieketveld gespeel. Die sesjarige Francois Burger, ’n gr. 1-leerder van Hugo Rust en wat op die plaas woon, het ná sy tennislesse gaan kyk hoe speel sy ouer skoolmaats. Dit was weer eens ’n warm Wellington-dag en hieroor moes ’n krieketspeler van Hugo Rust die veld verlaat toe die son te erg begin bak het. Die span het nie ’n plaasvervanger gehad nie en Francois is toe ingespan om by die o.11-span aan te sluit. Hugo Rust het tweede gekolf en die paaltjies het vinnig geval. Francois se beurt teen die o.11-boulers van Gericke, wat op daardie tydstip onstuitbaar gelyk het, het toe aangebreek. Die jong Francois het uiteindelik die meeste lopies in die wedstryd vir Hugo Rust aangeteken. Dit was ’n ware geskiedkundige geleentheid waar hy in die voetspore van die Burger-familie-krieketspelers volg en sy buiging op net ses jaar oud vir sy skool se o.11 A’s gemaak het – op sy oupa, Schalk, se krieketveld, waar sy bekende oom Schalk jr. ook die krieketbal woes geslaan het voordat hy die krieketkolf vir die rugbybal verruil het. Boonop het Francois nog ’n vier ook geslaan met die laaste bal van die kolfbeurt – ook maar net gel


Jong Burgertjie volg in die familie se spore

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article