Dawn Noemdoe (voor), Food For Mzansi se redakteur vir gehoor en deelname saam met leerders en sprekers wat die geleentheid bygewoon het.Foto: Food For Mzansi



Leerders van Roodezandt Sekondêre Skool in Saron het Jeugmaandvieringe verlede Dinsdag (8 Junie) met ’n Jeug in Landbou-geleentheid begin.

Die loopbaanuitstalling is aangebied deur die internasionaal bekroonde aanlyn leefstyl- en landboublad Food For Mzansi (FFM), in samewerking met die plaaslike radiostasie Radio KC.

Die geleentheid is regstreeks oor die radio en op sosiale media uitgesaai. Net ’n beperkte aantal leerders en uitstallers is in pas met Covid-19-protokol toegelaat.

FFM hoop om aan die hand van byeenkomste soos hierdie die stigmas rakende loopbaangeleenthede in landbou af te breek.

Hulle wil jongmense wys dat daar baie meer in landbou steek as waarvan mense soms praat of wat gesien kan word.

Een van die sprekers wat by die uitstalling teenwoordig was, is Khuliliwe Ntombela. Sy werk as ’n navorser by die Landbounavorsingsraad en het klem gelê op al die eindeloos moontlike beroepe in landbou.

“Jy kan ’n administrateur wees, jy kan ’n boekhouer wees, jy kan ’n landbou-ekonoom wees. Daar is ander geleenthede waarvan jy miskien nie bewus is nie, wat nie noodwendig beteken dat jy die veld in moet gaan nie.”. Besoek www.agricareers.co.za vir nog inligting.

. Learners from Roodezandt Secondary School in Saron kicked off Youth Month celebrations last Tuesday (June 8) with a Youth in Agriculture event hosted by Food For Mzansi en Radio KC.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article