Jana van Staden, ’n gr. 6-leerder aan die Laerskool Paarl Gimnasium, het in Januarie aan die Stars of the Universe International Performing Arts Cup deelgeneem. Sy het Suid-Afrika verteenwoordig en was lid van die SA-span wat teen 23 ander lande en meer as 1 000 inskrywings gekompeteer het. Die kompetisie is beoordeel deur beoordelaars van Pole, Rusland, Amerika, Suid-Afrika en Serwië. Jana het goud gekry en verwerf SA kleure in uitvoerende kunste. Dit is ’n uitmuntende prestasie vir Jana wat baie selfdissipline, deursettingsvermoë, hope talent en ure se oefening ingesit het.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.