Isabelle Hugo, ’n gr.11-leerder van die Hoërskool Labori, het gedurende die Desember-vakansie die Kaapse Wynland se akademie-meisiespan by die SA Junior Jukskeikampioenskap, wat van 8 tot 15 Desember 2023 in Kroonstad gehou is, verteenwoordig. Sy het aan die dubbels-afdeling, waar hulle ’n vyfde plek behaal het, deelgeneem. Haar span het ook aan die spankompetisie deelgeneem, waar die Kaapse Wynland-meisiespan die week en afdeling gewen het. Wat hierdie prestasie ekstra besonders maak, is dat die span dit ’n tweede jaar in ’n ry gewen het. Labori is baie trots op Isabelle.
Isabelle is Labori se trots
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.