Isabella Groenewald (regs) van die Hoër Meisieskool Paarl is goedgekeur vir die Rotariërs se korttermynuitruilprogram. Sy sal in Desember na Boedapest reis vir ’n ses weke lange uitruilbesoek aan Hongarye waar sy by ’n Hongaarse gesin sal bly. Die gesin se dogter sal in ruil gedurende Junie 2023 die Paarl besoek. Hier is Isabella saam met Deon Erasmus (die Rotariërs se president), Luke Joseph (Hoërskool Labori) en Elsje-Mari Louw (Hoërskool La Rochelle) wat tydens die skoolvakansie Rotary se Adventure into Citizenship-program in Kaapstad bygewoon het. Die week lange program het besoeke aan die hooggeregshof, provinsiale parlement, Distrik Ses-museum en die Kirstenbosch-tuine ingesluit.


Isabella gaan Hongarye toe!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article