Ian Cameron van Action Society het dié week op sy Facebook-blad ’n plasing gedoen waarin hy die moontlikheid dat die regering weer eens ’n noodtoestand wil aankondig, kritiseer.

“[The] only reason the ANC wants a national state of disaster is for more unlimited looting of tax money as regulated procurement processes wouldn’t stand in their way. It has nothing to do with the country’s well-being. The ANC has always prioritised their pockets over the people,” sê hy.

Na aanvang van die noodtoestand in die pandemie het Suid-Afrikaners geleer van grootskaalse korrupsie onder die vaandel van “gesondheid en sorg”. Dus is ek geneig om met Cameron se siening saam te stem. Wat sal ’n noodtoestand ter wille van die kragkrisis tog help?

Kan dit ook wees dat die regerende party nog ’n noodtoestand wil verklaar om die 2024- nasionale verkiesing te vertraag in die vrees dat hulle ver onder meerderheid stemme sal kry?

Hoe dit ook al sy, niks goed kan van nóg ’n noodtoestand kom nie!


Leensie,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article