Goeie nuus vir alle talentvolle jong sportsterre in die Drakenstein-vallei is dat Paarl Post met sy Skolesportster van die Jaar-kompetisie begin.

Hierdie kompetisie duur van Maart tot Oktober waartydens elke maand twee jong sportsterre – een in die hoërskool en een in die laerskool – deur ons paneel beoordelaars as maandwenners gekies sal word.

Die kompetisie is dus oop vir alle jong sportmanne en -vroue wat hul streek, provinsie of land in hul onderskeie sportkodes verteenwoordig het.

Vorige wenners van die kompetisie sluit in die Olimpiese atleet Vuyo Manyonga en die Springbok-rugbyster Handré Pollard.

Skole, afrigters, onderwysers, ouers en klubs mag hul sterre benoem.

Benoemings met ’n kort motivering oor hoekom iemand vir hierdie toekenning benoem word, plus ’n foto, kan per e-pos aan Lise Beyers by sport@paarlpost.co.za gestuur word. Anders kan benoemings by ons kantoor by Newstraat 1A (langs die Virgin Active-gimnasium) afgelaai word.

Die maandelikse wenners sal in Paarl Post verskyn en elkeen sal ’n geskenkpakkie ontvang. ’n Glansgeleentheid sal aan die einde van die jaar gehou word waar die algehele wenners sowel as die gewildste wenner aangewys sal word. Bel Lise by 079 516 6941 of stuur e-pos na sport@paarlpost.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article