Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch bied die musiekblyspel Little Shop of Horrors van Dinsdag 11 tot Donderdag 13 Mei aan.
Hierdie musiekblyspel gee gehore wêreldwyd al sedert die jare 80 hoendervleis en maagpyn van die lag.
Die vertoning begin om 19:00 in die Japie Krige-saal by Paul Roos Gimnasium en die deure open om 18:30.
Kaartjies kos R100 by Quicket. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar. Covid-19-regulasies word streng gevolg – dus, geen masker, geen toegang.



