Paarl Gimnasium en Boishaai het die naweek ’n voorsmakie gegee van wat later vanjaar verwag kan word nadat hulle krieket- en tennis-interskole-wedstryde gespeel het. Gimnasium het op die krieketveld behoorlik koning gekraai met sy eerste krieketspan wat die blouspan met 74 lopies geklop het. Op die tennisbaan was dit egter weer Boishaai wat 9-0 gewen het. Regs wens die Gimmie Oscar van Heerden die HJS-speler Ulrich Nienaber geluk met hul sege.Foto: EJ Langner
Credit: SYSTEM
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.