Hugenote Laerskool het ’n groot boekprys in ’n nasionale illustrasie-kompetisie gewen. Toe Lapa Uitgewers skole in 2020 uitgedaag het om illustrasies vir elke hoofstuk in J.K. Rowling se nuwe boek, Die Ickabog, te maak, het Hugenote se gr. 6- Afrikaans-onderwyseres, Lara van Rooyen (links), en haar leerders nie op hulle laat wag nie. Mialé Bindemann (regs) is nie net as een van die illustreerders van die boek gekies nie, maar die skool het boonop die algehele landswye kompetisie gewen deur die meeste inskrywings in te stuur. Ena Stegmann (middel) van Lapa Uitgewers het Donderdag 25 Februarie die skool besoek om die boekprys te oorhandig. Dit sluit ’n groot verskeidenheid kinder- en jeugboeke uit die Lapa-stal in. Stegmann het tydens die oorhandiging die belangrikheid en noodsaaklikheid om te lees, sowel as die genot wat ’n mens daaruit kan put, beklemtoon.
Ickabog-uitdaging laat Hugenote wen
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.