Die Paarl is besig om uit sy nate te bars. Gesinne migreer steeds van oral af Paarl toe a.g.v. die leefstyl en ons topskole.

Ek kan nie aan nog ’n dorp dink, met ons aantal inwoners, met die verskeidenheid skole wat die Paarl bied nie.

Residensiële ontwikkelings vermeerder jaarliks en plaas ekstra druk op die nagmerrieverkeer wat die dorp daagliks ervaar – veral as die skole uitkom.

My grootste bekommernis op die oomblik is die eksponensiële toename in hawelose mense. Ek kry hierdie “straatslapers” jammer, want baie van hulle sal dit verkies om nie so te lewe nie. Die ander kant van die saak is dat hulle daagliks die wet op verskeie maniere oortree.

Haweloosheid trek die psige van ’n gemeenskap af en skep ’n kultuur van armoede. Wie is die gesag in die Paarl wat hierdie uitdagende probleem moet oplos?


Mark van Eyssen,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article